Hongare

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Hongaars.
Hongare

Totale bevolking: ca. 13,1–14,7 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Hongarye Hongarye 8,5–9,8 miljoen

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~1,4 miljoen
Vlag van Roemenië Roemenië ~1,2 miljoen
Vlag van Slowakye Slowakye 458 467
Vlag van Kanada Kanada 315 510
Vlag van Serwië Serwië 253 899
Vlag van Duitsland Duitsland 156 812
Vlag van Oekraïne Oekraïne 156 566
Vlag van Frankryk Frankryk 100 000–200 000
Vlag van Brasilië Brasilië 80 000
Vlag van Australië Australië 67 616
Vlag van Oostenryk Oostenryk 63 608
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 52 250
Vlag van Swede Swede 40 000–70 000
Vlag van Kroasië Kroasië 16 595
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 14 672
Flag of Ireland Ierland 8 034
Vlag van Italië Italië 7 708
Vlag van Turkye Turkye 6 800
Vlag van Slowenië Slowenië 6 243
Vlag van Rusland Rusland 3 768
Vlag van Thailand Thailand 3 029
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 2 003
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 476
Vlag van Filippyne Filippyne 1 114
Vlag van Puerto Rico Puerto Rico 1 050

Taal: Hongaars
Geloofsoortuiging: Rooms-Katolieke Kerk
Protestantisme (hoofsaaklik Calvinisme, Unitarianisme en Lutheranisme); ongebonde; Grieks-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Fins-Oegriese volke soos Estlanders en Finne

Die Hongare of Magjare (Hongaarse enkelvoud: magyar , meervoud: magyarok ) is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Hongarye wat 'n gemeenskaplike Hongaarse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Hongaars as moedertaal praat. Alternatiewelik is Hongare diegene wat in Hongarye woon of in Hongarye gebore is. Om etniese Hongare van ander etniese groepe in Hongarye te onderskei, word hulle soms Magjare genoem.

Hedendaagse verspreiding van etniese Hongare in Suidoos-Europa

Hongare vorm die titulêre nasie van Hongarye, waar hulle sowat 78% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Hongare woon etniese minderhede soos Roma (3,6%) en Duitsers (1,6%) ook in Hongarye. Behalwe vir Hongarye kom Hongaarse minderhede ook in aangrensende Europese lande soos Roemenië (6,5%), Slowakye (8,5%), Serwië (3,5%), Oekraïne (0,3%) en Oostenryk (0,2%) voor, maar die oorgrote meerderheid van Hongare woon in Hongarye.

Wêreldwyd leef tussen 13,1 en 14,7 miljoen Hongare, waarvan tussen 8,5 en 9,8 miljoen in Hongarye, omtrent 1,4 miljoen in die Verenigde State, 315 510 in Kanada, 156 812 in Duitsland en tussen 100 000 en 200 000 in Frankryk. Daarbenewens het Hongare ook in lande soos Brasilië (80 000), Australië (67 616), Frankryk (tussen 100 000 en 200 000), die Verenigde Koninkryk (52 250) en Swede (tussen 40 000 en 70 000) gevestig.

In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van Sentraal-Europa wat tot die Germaanse of Slawiese volke behoort, behoort die Hongare saam met Estlanders en Finne tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Hongare se geloofsoortuiging is Rooms-Katoliek of Protestants.

Geskiedenis

Aankoms van die Hongare – skildery deur Árpád Feszty ter herdenking van die 1000ste verjaardag van die Hongaarse inname van die Pannoniese Laagvlakte rondom 895
Geanimeerde kaart van die Hongaarse inname van die Pannoniese Laagvlakte
Verdeling van die Koningryk van Hongarye as gevolg van Oostenryk-Hongarye se neerlaag in die Eerste Wêreldoorlog soos besluit in die Trianon-verdrag van 1920

In vergelyking met ander inheemse Europese volke het die Hongare relatief laat in hul hedendaagse stamgebied gevestig. Hulle het die Pannoniese Laagvlakte rondom 895 bereik nadat hulle in die 4de en 5de eeue deur ander volke uit die sentrale en suidelike Oeralgebergte verdryf is. Die Hongare het weswaarts beweg en op hul pad riviere soos die Wolga en die Don oorskry. Hulle het in konflik met die Bisantynse Ryk en die Bulgaarse Ryk in die suide asook die Oos-Frankiese Ryk en Boheme in die weste gekom. In die 10de eeu het die Hongare met die plundering van streke in Sentraal-Europa begin, voordat hulle in 955 op die Lechfeld naby Augsburg deur die Heilige Romeinse Ryk onder Otto I die Grote verslaan is. Omtrent 1000 het die Hongare onder Stefanus I van Hongarye hul eie koninkryk opgerig en die Christendom aangeneem. Die Koninkryk van Hongarye het tot een van die magtigste ryke van die middeleeuse Europa ontwikkel en die hele Pannoniese Laagvlakte beheers.

Na die verowering van die Bisantynse hoofstad Konstantinopel in 1453 het die Ottomane met hul verowering van die Balkanskiereiland voortgegaan. Hulle het die Hongaarse Koninkryk ernstig bedreig en in die Slag van Mohács in 1526 uiteindelik verslaan. Die Hongare het vir die volgende 126 jaar onderdane van die Ottomaanse Ryk geword. Nadat die Ottomane tydens die Tweede Beleg van Wene in 1683 verslaan is, het die bevryding van Suidoos-Europa deur Oostenrykse en ander Europese magte begin. Met die Vrede van Karlowitz het die Ottomaanse Ryk die Hongaarse gebiede amptelik aan Oostenryk afgestaan.

Die Hongare het reeds tussen 1703 en 1711 in opstand teen Oostenryk se absolutistiese magstelsel gekom en in 1711 is die tradisionele Hongaarse adel deur Oostenryk erken. Tydens die Napoleontiese Oorloë (1803–1815) was die Oostenryks-Hongaarse verhoudings oorwegend vreedsaam. In 1825 het Hongaars Latyn as amptelike taal vervang. In 1848/49 het die Hongaarse Rewolusie teen Habsburg uitgebreek, waartydens Hongarye se onafhanklikheid van die Keiserryk Oostenryk verklaar is. Nadat die opstand met Russiese ondersteuning bloedig neergeslaan en die rebelleleiers tereggestel is, het 'n tydperk van onderdrukking begin. Onder keiser Frans Josef I is in 1867 die Oostenryks-Hongaarse kompromis aanvaar en die Keiserryk Oostenryk-Hongarye gestig wat tot en met sy neerlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog sou bestaan. As gevolg van die Trianon-verdrag van 1920 het Hongarye twee derdes van sy grondgebied en een derde van sy bevolking verloor. Hierdie "skande" van Trianon het tot die opkoms van nasionalisme in die tussenoorlogse Hongarye gelei.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Hongarye aan die kant van Nazi-Duitsland en die fascistiese Italië geveg en verlore gebiede beset. Nadat die Spilmoondhede deur die Geallieerdes verslaan is, het Hongarye saam met ander Oos-Europese lande onder die Sowjetunie se invloedsfeer gekom en 'n volksrepubliek geword. Reeds in 1956 het die Hongaarse Opstand uitgebreek wat deur die Warskou-verdragslande bloedig neergeslaan is. Hongarye het tot 1990 onder 'n Kommunistiese stelsel gebly wat in hierdie jaar soos in ander Oos-Europese lande deur 'n demokratiese republiek vervang is. Op 1 Mei 2004 het Hongare burgers van die Europese Unie geword.

Verwysings

  1. "2011. ÉVI NÉPSZÁMLÁLÁS 3. Országos adatok" (PDF) (in Hongaars). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Julie 2019. Besoek op 30 April 2016.
  2. "Hungarian census 2011 – 1.1.4.2 A népesség nyelvismeret és nemek szerint" (in Hongaars). Hungarian Central Statistical Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 30 April 2016.
  3. (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012. Besoek op 30 April 2016.
  4. "Comunicat de presă privind rezultatele definitive ale Recensământului Populaţiei şi Locuinţelor – 2011" (PDF) (in Roemeens). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 30 April 2016.
  5. (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Statistics Canada. 13 Januarie 2014. Besoek op 29 April 2016.
  6. "Anzahl der Ausländer in Deutschland nach Herkunftsland (Stand: 31. Dezember 2014)" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.
  7. (en) "Ukrainian 2001 census". ukrcensus.gov.ua. Besoek op 30 April 2016.
  8. (hu) Bund Ungarischer Organisationen in Deutschland Geargiveer 4 Februarie 2007 op Wayback Machine
  9. (pt) Revista Época Edição 214 24 June 2002 Geargiveer 22 September 2007 op Wayback Machine
  10. "Australian Bureau of Statistics (Census 2006)" (in Engels). Abs.gov.au. 3 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 30 April 2016.
  11. "Bevölkerung nach Staatsangehörigkeit und Geburtsland" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 30 April 2016.
  12. (hr) Položaj Nacionalnih Manjina U Republici Hrvatskoj – Zakonodavstvo I Praska Geargiveer 16 Mei 2007 op Wayback Machine
  13. (cz) Národnost ve sčítání lidu v českých zemích Geargiveer 28 Oktober 2008 op Wayback Machine
  14. "CSO Emigration" (PDF) (in Engels). Census Office Ireland. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Maart 2019. Besoek op 29 Januarie 2013.
  15. "Demo ISTAT" (in Italiaans). ISTAT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 30 April 2016.
  16. (en) Slovenia Geargiveer 19 September 2006 op Wayback Machine
  17. (en) Russia Report to COE Geargiveer 28 Oktober 2008 op Wayback Machine
  18. (en) Republic of Macedonia – State Statistical Office Geargiveer 21 Junie 2004 op Wayback Machine
  19. "Hungarian Settlers in New Zealand" (in Engels). Embassy of Hungary in Canberra, Australia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2016. Besoek op 30 April 2016.
  20. "Discrimination in the EU in 2012" (PDF). Special Eurobarometer. 383 (in Engels). Europese Unie: Europese Kommissie. 2012. p. 233. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 April 2017. Besoek op 30 April 2016.
  21. (de) Joachim von Puttkamer (2003). Schulalltag und nationale Integration in Ungarn. Slowaken, Rumänen und Siebenbürger Sachsen in der Auseinandersetzung mit der ungarischen Staatsidee 1867–1914. p. 11. ISBN 3-486-56741-1. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)

Eksterne skakels