La Liga

La Liga
2023–24 La Liga
Beskrywing.
Kenteken van La Liga

Sportsoort Sokker
Gestig 1929
Eienaar Liga de Fútbol Profesional
Inwydingseisoen 1929
Deelnemende lande Vlag van Spanje Spanje
Aantal spanne 20
Mees onlangse kampioen FC Barcelona (2022–23)
Verwante kompetisies Segunda División
Copa del Rey
Supercopa de España
Borg(e) Santander

La Liga (Spaans: ; letterlik: "die Liga"; weens borgskapredes ook bekend as La Liga Santander) is die hoogste sokkerafdeling in Spanje. Twintig klubs speel in hierdie professionele sokkerliga. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar, met een weg-, en een tuiswedstryd. Die kampioen en naaswenner plaas hulleself vir die Supercopa de España (die Spaanse Superbeker) en vir die UEFA Champions League. Die plekke drie en vier plaas hulleself ook vir die Champions League en die vyfde plek sal in die UEFA Europa League speel. Teen die einde van die seisoen word die onderste drie spanne afgeskuif na die Secunda División (tweede vlak of divisie van Spaanse sokker). Al die 20 La Liga-spanne en die 22 Segunda División-spanne kwalifiseer saam sekere spanne uit die Segunda División B, Tercera División en Divisiones Regionales vir die Copa del Rey (Spaans vir: "Koningsbeker"). Die La Liga-wenner en die Copa del Rey-wenner sal dan om die Supercopa de España ("Superbeker van Spanje") meeding.

Die Copa del Rey ("Koningsbeker") is die oudste sokkertrofee in Spanje
Die Supercopa de España ("Superbeker van Spanje") word tussen die wenner en naaswenner van beide die Copa del Rey en La Liga uitgespeel

Real Madrid het met 35 titels die meeste titels gewen. FC Barcelona is tans die kampioen.

Klubs in 2022/23

Eksterne skakels