Liverpool FC

Liverpool FC
Volle naam Liverpool Football Club
Bynaam/me The Reds
Stigting 3 Junie 1892
Tuisveld Anfield,
Liverpool
Kapasiteit 53 394
Voorsitter Tom Werner
Bestuurder Jürgen Klopp
Liga Premier League
2022/23 5. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Liverpool F.C., (volle naam Liverpool Football Club) is ‘n Engelse professionele sokkerklub wat in Liverpool gebaseer is. Dit is die mees suksesvolste Engelse span in Europese sokkertoernooie, en het reeds ses UEFA Champions League trofeë gewen. Die klub het ook die Engelse topdivisie-liga reeds agtien keer gewen. Everton FC was die eerste sokkerspan om te speel in die Anfield stadion wat vandag bekend is as Liverpool FC se historiese tuiste. ‘n Dispuut tussen Everton en die perseel se eienaar, John Houlding, het daartoe gelei dat Everton geskuif het na Goodison Park en dat Houlding ‘n nuwe span gevorm het- wat uiteindelik bekend sou staan as Liverpool FC. Die nuwe klub het sy eerste wedstryd in 1892 gespeel en sy eerste ligatitel in die 1901-01 seisoen gewen. In 1906 was Anfield se nuutgeboude pawiljoen gedoop as Spion Kop na aanleiding van sy soortgelykheid aan ‘n koppie waar ‘n bekende veldslag (Slag van Spioenkop) tydens die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het, wat gelei het tot die bekende "Kopites" noemnaam vir Liverpool ondersteuners.

Twee bestuurders, Bill Shankly (1959–74) en Bob Paisley (1974–83), was verantwoordelik vir ‘n aansienlike deel van Liverpool se sukses. Shankly het Liverpool van die Engelse tweede divisie geneem om uiteindelik drie Engelse topdivisie (die teenswoordige Engelse Premier League) titels te wen (1963–64, 1965–66, en 1972–73), sowel as ‘n ‘’Union of European Football Associations’’ (UEFA) Beker oorwinning in 1973. Paisley het ‘n tweede UEFA Beker in 1976 bygevoeg, sowel as ses Engelse ligatitels, en drie Champions League oorwinnings (1977, 1978, en 1981). ‘n Vierde Champions League (‘’Kampioeneliga’’) oorwinning het in 1984 gevolg, en Liverpool het die volgende jaar die finaal gehaal teen Juventus FC by die Heysel Stadion in België. Die wedstryd was egter versuur deur tragedie toe 39 toeskouers gedood is, hoofsaaklik deur die ineenstorting van ‘n stadionmuur wat veroorsaak was deur Liverpool ondersteuners wat Juventus ondersteuners bestorm het. Liverpool was na die gebeure vir ses jaar van Europese kompetisies verban, en alle Engelse klubs was vir vyf jare verban. Nog ‘n tragedie het die klub in 1989 getref toe ses-en-negentig Liverpool ondersteuners doodgedruk is tydens ‘n Football Association (FA) Beker semifinaal by die Hillsborough stadion in Sheffield. Dit is tot op hede Engeland se dodelikste sporttragedie.

Sedert daardie onstuimige tydperk het Liverpool ‘n derde UEFA Beker kompetisie (2001) sowel as die 2005 en 2019 UEFA Champions League (‘’Kampioeneliga’’) titels gewen. Die klub het ook ‘n total van sewe FA Beker en sewe Liga Beker oorwinnings behaal. Suksesvolle Liverpool spanne was bekend om hulle soliede verdediging, wat die tafel gedek het vir opwindende voorspelers soos Roger Hunt, Kevin Keegan, Ian Rush, Kenny Dalglish (wat die span vanaf 1985 tot 1991 bestuur het), en Michael Owen, sowel as die aanvallende midveldspeler Steven Gerrard.

Verwysings

  1. "Liverpool F.C." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.