Die Makkabeërs (Hebreeus: מַכַּבִּים, Makkabbīm, of מַקַבִּים, Maqabbīm; Latyn: Machabaei of Maccabaei; Grieks: Μακκαβαῖοι, Makkabaioi) was 'n groep Joodse rebellevegters wat in die Makkabese Opstand beheer oorgeneem het van Judea, wat in dié tyd deel van die Seleukidiese Ryk was. Hulle het die Hasmonese dinastie gestig wat van 167-37 v.C. regeer het en van 110-63 v.C. 'n ten volle onafhanklike koninkryk was.
Die Makkabeërs het die Joodse godsdiens hervestig, die grense van Judea deur middel van verowerings uitgebrei en die invloed van die Hellenisme verminder.