Malaysia Airlines-vlug 370

Malaysia Airlines-vlug 370
Die vermiste vliegtuig.
Die vermiste vliegtuig.
Datum 8 Maart 2014
Oorsaak Onbekend
Plek van ramp Golf van Thailand, Indiese Oseaan
Sterftes 239 (almal)
Beserings 0
Vliegtuigtipe Boeing 777-2H6ER
Vliegtuigstertnommer 9M-MRO
Oorsprong Kuala Lumpur Internasionale Lughawe, Maleisië
Bestemming Beijing Capital Internasionale Lughawe, China
Passasiers 227
Bemanning 12
Oorlewendes 0

Malaysia Airlines-vlug 370 (MH370/MAS370) was 'n geskeduleerde internasionale vlug van Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China. Op 8 Maart 2014 het die vliegtuig spoorloos verdwyn. Die vliegtuig het 227 passasiers en twaalf bemanningslede aan boord gehad.

Vlug 370 het op 8 Maart 2014 om 00:41 (Maleisiese Standaardtyd; UTC+8) van die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe opgestyg en moes na 'n vlug van 6 ure op die Beijing Capital Internasionale Lughawe land. Vlugbeheer het egter omstreeks 01:22, terwyl die vliegtuig oor die Golf van Thailand was, kontak daarmee verloor. Die vliegtuig is om 02:40 as vermis aangemeld.

'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. In Julie 2015 is 'n wrakstuk van 'n Boeing 777 naby die Réunion-eiland, oos van Afrika opgespoor. Die wrakstuk, 'n deel van die vlerk, is van dié vliegtuig afkomstig.

Bemanning en passasiers

Kaptein Zaharie Ahmad Shah (53) was 'n ervare vlieënier met 18 365 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein, Fariq Ab Hamid (27), het reeds 2 763 vlugure gehad. Die passasierslys is deur Malaysia Airlines bekend gemaak:

Insittendes volgens nasionaliteit
Nasionaliteit Aantal
Vlag van Australië Australië 6
Vlag van Kanada Kanada 2
Vlag van Volksrepubliek China China 152
Vlag van Frankryk Frankryk 4
Vlag van Hongkong Hongkong 1
Vlag van Indië Indië 5
Vlag van Indonesië Indonesië 7
Vlag van Iran Iran 2
Vlag van Maleisië Maleisië 50
Vlag van Nederland Nederland 1
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 2
Vlag van Rusland Rusland 1
Vlag van Republiek van China Taiwan 1
Vlag van Oekraïne Oekraïne 2
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika 3
Totaal (15 nasies en streke) 239

Verwysings

  1. "Beijing-bound flight from Malaysia missing" (in Engels). USA Today. 9 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 9 Maart 2014.
  2. "Malaysia Airlines 'loses contact with plane'" (in Engels). BBC. 8 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 8 Maart 2014.
  3. "Crash: Malaysia B772 over Gulf of Thailand on Mar 8th 2014, aircraft missing". The Aviation Herald (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 8 Maart 2014.
  4. Reunion wrak: Vlerkwrakstuk is die van Boeing-777, Maroela Media, 30 Julie 2015
  5. Vliegtuig Wrakstukke is die van die Vermiste MH370 Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 8 Augustus 2015
  6. (en) Malaysia Airlines MH370 Flight Incident – 18th Media Statement Geargiveer 8 Maart 2014 op Wayback Machine