Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Streek | Noord-Pohjanmaa |
Koördinate | 65°01′N 25°28′O / 65.017°N 25.467°O |
Gestig op | 8 April 1605 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 3 817,52 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0–60 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2023) | 214 651 |
- Metropolitaanse gebied (2023) | 208 939 |
- Bevolkingsdigtheid | 72,21/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 3,3 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −8,2 / 16,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 525 mm |
Burgemeester | Seppo Määttä |
Amptelike webwerf | ouka.fi |
Oulu (Fins: , ; Sweeds: Uleåborg, , ) is 'n stad en munisipaliteit in die noordweste van Finland, aan die kus van die Botniese Golf by die monding van die Oulujoki-rivier. Met 'n bevolking van 214 651 (31 Desember 2023) is Oulu die vyfde grootste stad in Finland en die grootste stad in Noord-Finland. Die stad is in 1605 gestig en is ook hoofstad van die streek Noord-Pohjanmaa.
In teenstelling met ander groot stedelike nedersettings in Finland is Oulu se Sweedssprekende minderheid met iets meer as 300 persone of 0,2 persent van die totale bevolking so klein dat Oulu amptelik as 'n enkeltalig Finse stad geadministreer word.
Die Universiteit van Oulu is in 1959 gestig.