Tupí

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tupí (volk).
Tupí
Tupinambá
Gepraat in: Vlag van Brasilië Brasilië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Tupí
 Tupí-Guaraní
  Tupí 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: — 
Verspreiding van Tupí-tale met Tupí in pers

Tupí (Tupinambá) is 'n uitgestorwe Tupí-Guaraní-taal wat deur die inheemse Tupí in Brasilië gepraat is, veral langs die kus van Suid- en Suidwes-Brasilië. Volgens die Brasiliaanse Tupinologis Eduardo Navarro "is dit die klassieke inheemse taal van Brasilië en dié wat die belangrikste was vir die kulturele en geestelike vorming van die land".

Dit behoort tot die Tupí-Guaraní-taalfamilie en sy geskrewe geskiedenis streek oor die 16de, 17de en vroeë 18ste eeue. Gedurende die vroeë koloniale tydperk van Brasilië is Tupí deur beide Europeërs en inheemse Amerikaners gebruik as lingua franca en is ook in die literatuur gebruik, maar dit is later amper tot uitsterwing onderdruk. Deesdae bestaan slegs een nasaat, Nheengatu.

As die belangrikste inheemse taal van Brasilië is dit die oorsprong van die meeste stadsname van 'n inheemse herkoms (Guarulhos en Niterói‎). Verskeie plante en diere het ook Tupí-name (waaronder kapibara en poema) en van die deelstate en riviere het ook Tupí-name (waaronder Apiacá, Pará, Rio Araguaia, Rio Tocantins en Tocantins). Dit het 'n ryk literatuur wat kategese, gedigte en dramas insluit. Soms is na Tupí as "Brasiliaans" verwys, veral in Portugees (língua brasílica)

Sien ook

Verwysings

  1. (pt) Eduardo de Almeida Navarro (2013). Dicionário de tupi antigo: a língua indígena clássica do Brasil (1ste uitg.). São Paulo: Global. ISBN 978-85-260-1933-1.
  2. (pt) Eduardo de Almeida Navarro (2005). Método moderno de tupi antigo: a língua do Brasil dos primeiros séculos (3ste uitg.). São Paulo: Global. ISBN 978-85-260-1058-1.

Eksterne skakels