1516 – Die Verdrag van Ewige Vrede tussen Frankryk en die Switserse Bondgenootskap. Koning Frans erken die verowerings van die Switserse Bondgenoodskap in Noord-Italië en betaal die Switsers skadevergoeding van 700000 Goue Krone.
1847 – Sonderbund-oorlog: Nederlaag van die “Sonderbund”-Kantone teen die troepe van die Switserse Bondgenootskap in die veldslag by Lunnern an der Reuss.
1918 – Die nasionale staking deur die Sosialiste in Switserland lê die industrie lam. Die staking word deur die burger-weermag onderdruk.