20 Maart is die 79ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (80ste in skrikkeljare). Daar volg nog 286 dae tot die einde van die jaar. Gewoonlik val die Maart-ewening op hierdie datum, wat die begin van die lente in die Noordelike Halfrond en die begin van herfs in die Suidelike Halfrond aandui, wanneer beide die dag en nag ewe lank is.
Gebeure
Geboortes
- 43 v.C. – Ovidius, Romeinse digter.
- 1725 – Abdülhamid I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1789).
- 1770 – Friedrich Hölderlin, Duitse digter en bibliotekaris († 1843).
- 1828 – Henrik Ibsen, Noorweegse dramaturg († 1906).
- 1867 – Bob Snedden, Suid-Afrika se tweede Springbokkaptein († 1931).
- 1894 – Jannie Hofmeyr, adjunkpremier en onderleier van die Verenigde Party († 1948)
- 1916 – Ernst van Heerden, Afrikaanse digter († 1997).
- 1917 – Vera Lynn, Engelse sangeres, liedjieskrywer, aktrise en bekend as "The Forces' Sweetheart" († 2020).
- 1919 – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 2006).
- 1919 – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet († 1983).
- 1922 – Carl Reiner, Amerikaanse akteur en komediant († 2020).
- 1927 – John Joubert, Suid-Afrikaanse komponis en akademikus († 2019).
- 1948 – John de Lancie, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1961 – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog († 2019).
- 1963 – Kathy Ireland, Amerikaanse aktrise.
- 1966 – Reinard Ludick, Afrikaanse radiopersoonlikheid en nuusleser.
- 1970 – Michael Rapaport, Amerikaanse akteur.
- 1984 – iJustine, Amerikaanse aanlynkletskous.
- 1984 – Lise Baastrup, Deense aktrise.
Sterftes
- 1413 – Hendrik IV, koning van Engeland (* 1366).
- 1912 – Eduard Johan Pieter Jorissen, Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, regter en staatsman in Suid-Afrika (* 1829).
- 1950 – Daniel Cornelis Boonzaier,'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar (* 1865).
- 1971 – Jan Greshoff, Nederlandse digter (* 1888).
- 2004 – Juliana, koningin van Nederland (* 30 April 1909).
- 2007 – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña (* 1912).
- 2014 – Hennie Aucamp, Afrikaanse skrywer (* 1934).
- 2015 – Malcolm Fraser, twee-en-twintigste Eerste Minister van Australië (* 1930).
- 2017 – David Rockefeller, Amerikaanse beleggingsbankier (* 1915).
- 2020 – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger (* 1938).
- 2022 – De Waal Venter, Afrikaanse skrywer (* 1942).
Vakansiedae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 March. |