3 Oktober is die 276ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (277ste in skrikkeljare). Daar volg nog 89 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1373 – Hedwig van Pole, Poolse koningin († 1399).
- 1647 – Johannes Voet, Nederlandse regsgeleerde († 1713).
- 1784 – Johann Karl Ehrenfried Kegel, Duitse landbouwetenskaplike en ontdekkingsreisiger († 1863).
- 1789 – Sir Henry Pottinger, 'n Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1856).
- 1860 – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1919).
- 1871 – Stijn Streuvels, Vlaamse skrywer († 1969).
- 1892 – Maurice Maréchal, Franse klassieke tjellis († 1964).
- 1911 – Michael Hordern, Engelse akteur († 1995).
- 1928 – Alvin Toffler, Amerikaanse skrywer en futuris († 2016).
- 1939 – Aleksander Kudrjašovs, Lettiese primaat van die Letties-Ortodokse Kerk en die Metropoliet van Riga en die hele Letland.
- 1944 – Roy Horn, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid († 2020).
- 1953 – Karen Bass, burgemeester van Los Angeles.
- 1976 – Carl Beukes, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1987 – Cleo von Adelsheim, Duitse aktrise.
Sterftes
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 October. |