Benjamin Biolay | |
---|---|
Benjamin Biolay in 2012 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 20 Januarie 1973 Villefranche-sur-Saône (Frankryk) |
Genres | Indie pop, chanson française |
Beroep(e) | Sanger, musiekvervaardiger, liedjieskrywer, akteur |
Jare aktief | 1994 tot hede |
Etikette | Virgin • Naïve |
Webwerf | http://www.benjaminbiolay.com/ |
Benjamin Biolay, gebore op 20 Januarie 1973 in Villefranche-sur-Saône, is een van die suksesvolste Franse sangers, komponiste, liedteksskrywers en musiekvervaardigers van die sogenaamde Nouvelle Scène de la Musique française.
In 2001 begin hy sy sololoopbaan met die eerste in 'n reeks van vier langspelers en die klankbaan vir die rolprent Clara et moi.
Benjamin Biolay het musiek en liedtekste geskryf vir Keren Ann, Henri Salvador, Isabelle Boulay, sy suster Coralie Clément, Juliette Gréco, Heather Nova, Françoise Hardy en Valérie Lagrange.