Burt Lancaster

Burt Lancaster
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Burt Lancaster in Desert Fury (1947)

Geboortenaam Burton Stephen Lancaster
Geboorte 2 November 1913
New York, VSA
Sterfte 20 Oktober 1994
Los Angeles, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, regisseur, vervaardiger
Rolprente Vera Cruz (1954)
Elmer Gantry (1960)
The Birdman of Alcatraz (1962)
Atlantic City (1980)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Burt Lancaster (2 November 191320 Oktober 1994) was ’n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy atletiese bou, blou oë en besonderse glimlag (wat hy die "Die Grynslag" genoem het). Nadat hy aanvanklik die rolle van "sterk ouens" vertolk het, het hy in die laat 1950's sy "tipiese Amerikaanse beeld" laat vaar ten gunste van ingewikkelder en uitdagender rolle. Dit het hom die reputasie besorg as een van die beste akteurs van sy generasie.

Lancaster is vier keer vir Oscars benoem en het die toekenning een keer gewen vir sy rol in 1960 in Elmer Gantry. Hy het ook ’n Golden Globe vir dié rol gewen en Bafta-toekennings vir Birdman of Alcatraz (1962) en Atlantic City (1980). Sy vervaardigingsmaatskappy was die suksesvolste onafhanklike ateljee in die 1950's in Hollywood en het rolprente gemaak soos Marty (1955), Trapeze (1956) en Sweet Smell of Success (1957).

In 1999 het die American Film Institute hom 19de geplaas onder die grootste akteurs van alle tye.

Biografie

Lancaster is in New York gebore as Burton Stephen Lancaster. Hy was een van vyf kinders van ’n posafleweraar. Hy het ure op straat in Harlem-Oos (of Spaans-Harlem) bestee, waar hy ’n belangstelling in gimnastiek ontwikkel het. Hy het later in ’n sirkus gewerk totdat ’n ongeluk hom gedwing het om die beroep te verlaat.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Lancaster in ’n vermaakgroep vir die weermag opgetree. Hoewel hy aanvanklik nie in toneelspel belanggestel het nie, het hy ná die oorlog ’n oudisie gedoen vir Harry Brown se A Sound of Hunting. Hoewel dit net drie weke lank op die verhoog was, het Lancaster die aandag getrek van ’n Hollywood-agent, Harold Hecht, en deur hom van Hal Wallis, wat hom ’n rol gegee het in The Killers (1946) met Ava Gardner. Hy was so suksesvol dat hy die volgende jaar in nog twee prente gespeel het.

Verskeie ander rolle het gevolg, veral in dramas, rillers en militêre en avontuurprente. In twee van hulle, The Flame and the Arrow en The Crimson Pirate, was ’n vriend uit sy sirkusjare, Nick Cravat, ’n belangrike byspeler en die twee vriende het gehore verstom met hul akrobatiese toertjies.

In 1953 het Lancaster een van die rolle gespeel waarvoor hy die beste onthou word: saam met Deborah Kerr in From Here to Eternity. Die American Film Institute gee erkenning aan die ikoniese status van die toneel waar hy en Kerr op ’n Hawaise strand liefde maak tussen die branders. Die organisasie het dit gekies as een van die "AFI se top-100 Mees Romantiese Rolprente" van alle tye.

In 1960 het hy die Oscar vir beste akteur, ’n Golden Globe en die New York Film Critics Award gewen vir sy rol in Elmer Gantry. In 1966, op 52-jarige ouderdom, het hy nakend verskyn in die prent The Swimmer.

Tydens die laaste deel van sy loopbaan het Lancaster akrobatiese en avontuurprente verruil vir meer uiteenlopende en uitdagende rolle. Hy het toe saamgewerk aan verskeie Europese produksies saam met regisseurs soos Luchino Visconti en Bernardo Bertolucci.

Regisseur en vervaardiger

Lancaster was vroeg al ’n suksesvolle regisseur en vervaardiger. In 1952 het hy The Crimson Pirate saam met Harold Hecht vervaardig, asook Kiss the Blood Off My Hands (1948), The Flame and the Arrow (1950) en Ten Tall Men (1951). In 1954 het hulle weer saamgewerk aan His Majesty O'Keefe, met Lancaster in een van die rolle en Hecht as vervaardiger. Hulle en die skrywer van laasgenoemde prent, James Hill, het ’n maatskappy gestig met die naam Hecht-Hill-Lancaster.

Die "H-H-L"-span het Hollywood beïndruk met hul sukses. Saam het hulle talle prente gemaak wat verskeie pryse ingepalm het.

Lancaster was ook die regisseur van twee prente, The Kentuckian (1955) en The Midnight Man (1974). Hy was ook die medeskrywer en vervaardiger van The Midnight Man én het ’n rol vertolk.

Filmografie

Lancaster en Deborah Kerr in From Here to Eternity.
Saam met Audrey Hepburn in The Unforgiven.
In Judgment at Nuremberg.
Jaar Film Rol Nota
1946 The Killers 'Swede' Andersen
1947 Brute Force Joe Collins
1947 Desert Fury Tom Hanson
1948 I Walk Alone Frankie Madison
1948 All My Sons Chris Keller
1948 Sorry, Wrong Number Henry Stevenson
1948 Kiss the Blood Off My Hands William Earle 'Bill' Saunders
1949 Criss Cross Steve Thompson, narrator
1949 Rope of Sand Michael (Mike) Davis
1950 The Flame and the Arrow Dardo Bartoli
1950 Mister 880 Steve Buchanan
1951 Vengeance Valley Owen Daybright
1951 Jim Thorpe – All-American Jim Thorpe
1951 Ten Tall Men Sgt Mike Kincaid
1952 Crimson Pirate Capitan Vallo
1952 Come Back, Little Sheba Doc Delaney
1953 South Sea Woman Master Gunnery Sgt. James O'Hearn
1953 From Here to Eternity 1st Sgt. Milton Warden
1953 Three Sailors and a Girl Marine (uncredited)
1954 His Majesty O'Keefe Captain David Dion O'Keefe, narrator
1954 Apache Massai
1954 Vera Cruz Joe Erin
1955 The Kentuckian Elias Wakefield (Big Eli)
1955 Rose Tattoo Alvaro Mangiacavallo
1956 Trapeze Mike Ribble
1956 The Rainmaker Bill Starbuck, Bill Smith, Bill Harley, Tornado Johnson
1957 Gunfight at the O.K. Corral Marshal Wyatt Earp
1957 Sweet Smell of Success J.J. Hunsecker
1958 Run Silent, Run Deep Lt. Commander Jim Bledsoe
1958 Separate Tables John Malcolm
1959 The Devil's Disciple The Rev. Anthony Anderson
1960 The Unforgiven Ben Zachary
1960 Elmer Gantry Elmer Gantry
1961 The Young Savages ADA Hank Bell
1961 Judgment at Nuremberg Dr. Ernst Janning
1962 Birdman of Alcatraz Robert Stroud
1963 A Child Is Waiting Dr. Ben Clark
1963 The Leopard Prince Don Fabrizio Salina
1963 The List of Adrian Messenger Cameo
1964 Seven Days in May Gen. James Mattoon Scott
1964 The Train Paul Labiche
1965 The Hallelujah Trail Col. Thaddeus Gearhart
1966 The Professionals Bill Dolworth
1967 All About People Narrator
1968 The Scalphunters Joe Bass
1968 The Swimmer Ned Merrill
1969 Castle Keep Maj. Abraham Falconer
1969 The Gypsy Moths Mike Rettig
1970 Airport Mel Bakersfeld
1971 Lawman Bannock Town Marshal Jered Maddox
1971 Valdez Is Coming Marshal Bob Valdez
1972 Ulzana's Raid U.S. Cavalry Scout McIntosh
1973 Scorpio Cross
1973 Executive Action James Farrington
1974 The Midnight Man Jim Slade
1974 Conversation Piece The Professor
1976 Buffalo Bill and the Indians Ned Buntline
1976 1900 (Novecento) Alfredo's Grandfather
1976 The Cassandra Crossing Col. Stephen Mackenzie
1977 Twilight's Last Gleaming Gen. Lawrence Dell
1977 The Island of Dr. Moreau Dr. Paul Moreau
1978 Go Tell the Spartans Maj. Asa Barker
1979 Zulu Dawn Col. Anthony Durnford
1980 Atlantic City Lou Pascal
1981 Cattle Annie and Little Britches Bill Doolin
1981 La pelle Gen. Mark W. Clark
1983 Local Hero Felix Happer
1983 The Osterman Weekend Maxwell Danforth
1985 Little Treasure Delbert Teschemacher
1986 Tough Guys Harry Doyle
1987 Il Giorno prima Dr. Herbert Monroe
1988 Rocket Gibraltar Levi Rockwell
1989 Field of Dreams Dr. Archibald 'Moonlight' Graham
1989 La Bottega dell'orefice The Jeweller

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. "America's Greatest Legends." Geargiveer 16 Julie 2011 op Wayback Machine American Film Institute. URK besoek op: 29 Jul1e 2009.
  2. Hodgins, Eric. "Amid Ruins of an Empire a New Hollywood Arises." Life, 10 Junie 1957, bl. 146. URL besoek op 22 April 2012.
  3. Buford 2008, ble. 138, 354.

Bibliografie

  • Andreychuk, red. Burt Lancaster: A Filmography And Biography. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc., 2005. ISBN 978-0-7864-2339-2.
  • Buford, Kate. Burt Lancaster: An American Life. Londen: Aurum Press, 2008. ISBN 1-84513-385-4.
  • Winters, Shelley. Shelley: Also known as Shirley. New York: Morrow, 1980. ISBN 978-0-688-03638-6.

Eksterne skakels