Cherson-oblast (Oekraïens: Херсонська область) is 'n oblast in suidelike Oekraïne. Cherson is die hoofstad en met 330 duisend inwoners, ook die grootste stad. Die oblast grens aan die Krim in die suide. Die Dnjepr-rivier vloei deur die provinsie. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deels deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.
Demografie
- Tale (2001-sensus): Oekraïens (73,2%), Russies (24,9%), Armeens (0,3%).
- Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (82,0%), Russe (14,1%), Belarusse (0,7%).
Sien ook
Verwysings