Eksoskelet

Die afgewerpte eksoskelet van ’n naaldekokernimf.

’n Eksoskelet (van die Griekse έξω éxō, "buite", en σκελετός skeletos, "skelet") is die eksterne skelet wat ’n dier se lyf ondersteun en beskerm, in teenstelling met die interne of endoskelet van byvoorbeeld ’n mens.

Voorbeelde van diere met eksoskelette sluit in insekte soos sprinkane en kakkerlakke, en skaaldiere soos krappe en krewe. Die skulpe of doppe van sekere weekdiere soos sponse, slakke, chitone en seilslakke is ook eksoskelette. Sommige diere soos skilpaaie het beide ’n endo- en eksoskelet.

Verwysings

  1. "exoskeleton". Online Etymology Dictionary.

Eksterne skakels