Fins-Permiese tale

Fins-Permies
Geografiese
verspreiding:
Noordelike Fennoskandinawië, Baltiese lande, Suidwes en Suidoos-Rusland en Oeralgebied in Rusland
Genetiese
klassifikasie
:
Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
Onderafdelings:
ISO 639-2: fiu

Verspreiding van Fins-Permiese tale

Stamboom van Oeraalse tale

Die Fins-Permiese tale vorm volgens die tradisionele beskouing saam met die Oegriese tale een van die hooftake van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie. Fins-Oegries het na raming in ongeveer 2500 – 3000 v.C in Fins-Permies en Oegries verdeel. Fins-Permies het weer in ongeveer 2000 v.C. in Permies en Fins-Wolgaïes verdeel.

Die terme Finse tale is in die verlede baie keer gebruik om na al die Fins-Permiese tale te verwys gegrond op 'n vroeëre teorie dat die Permiese tale baie nader aan die Oosseefinse tale is as aan Hongaars.

Verwysings

  1. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045
  2. 2,0 2,1 The Finno-Ugric republics and the Russian state deur Rein Taagepera; ISBN 0-415-91977-0 bl. 32-33

Eksterne skakels

  • (en) "Permic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Maart 2018.