Gemeenskap van Portugese Lande

Vlag van die Gemeenskap van Portugese Lande

Die Gemeenskap van Portugese Lande (Portugees: Comunidade dos Países de Língua Portuguesa; CPLP) is 'n internasionale organisasie wat uit 9 onafhanklike lande bestaan, waar Portugees 'n amptelike taal is; hulle is Portugal en sy vorige kolonies. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Portugeessprekende wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Portugeessprekende mense te beskerm.

Die CPLP is op 17 Julie 1996 gestig en het aanvanklik 7 lede gehad. Die hoofkantoor van die CPLP is in die Palácio dos Condes de Penafiel in Lissabon.

Lidlande

Lidlande (donkergroen) en waarnemerlande (heldergroen) van die CPLP

Geassosieerde waarnemers

Sekretarisse-generaal

Eksterne skakels