Glomeromycota

Glomeromycota
Gigaspora margarita saam met Lotus corniculatus
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Fungi
Divisie: Glomeromycota
Subdivisie: Glomeromycotina
C.Walker & A.Schuessler (2001)
Klas: Glomeromycetes
Caval.-Sm. (1998)
Ordes

Die glomeromycota is 'n filum binne die koninkryk swamme met ongeveer 200 lewende spesies. Lede van die filum glomeromycota staan bekend as glomeromisete. Hierdie filum omsluit arbuskule mikorisas ('n vertake wortelswam) en ektomikorisas (waar die swam 'n laag vorm op die plantwortel). Hierdie filum is in 1998 as 'n afsonderlike klas swamme voorgestel, maar in 2001 is dit as 'n filum binne die swamkoninkryk erken.

Glomeromisete is swamme wat mikorisa-assosiasies met plante vorm. Mikorisa-assosiasies behels die oordrag van voedingstowwe tussen die swam en die gasheerplant. Hierdie oordrag geskied deur ingewikkelde, vertakte, mikroskopiese strukture wat arbuskule (wat “dwergbome” beteken) genoem word. Hierdie arbuskule ontwikkel binne die lewende wortelselle van die plant.

Die mikorisa-assosiase is verpligtend vir die swam en dus kan die swam nie in isolasie van sy gasheerplant gekweek word nie. Hierdie soort swamme is belangrike lede van plante se mikrobiome en bevorder ’n plant se toegang tot voedingstowwe in die grond en water.

Geosiphon pyriforme is die enigste voorbeeld van nie-mikorisale spesies glomeromisete. Dit produseer opgeblase blaasselle wat endosimbiotiese stikstofbindende sianobakterieë bevat. Daar word bespiegel dat Geosiphon 'n lid van 'n oergroep binne die filum is waaruit mikorisale spesies ontwikkel het.

Klassifikasie

Glomeromycota word verdeel in drie klasse: glomeromisete, archaeosporomisete en paraglomeromisete.

Verwysings

  1. Cavalier-Smith, T. (1998). "A revised six-kingdom system of Life". Biol. Rev. Camb. Philos. Soc. 73 (3): 203–266. doi:10.1017/s0006323198005167. PMID 9809012. (as "Glomomycetes")
  2. Schüßler, A.; et al. (Desember 2001). "A new fungal phylum, the Glomeromycota: phylogeny and evolution". Mycol. Res. 105 (12): 1413–1421. doi:10.1017/S0953756201005196.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 Sarah C. Watkinson, Lynne Boddy, Nicholas Money. The Fungi. 3de uitgawe, 2005, Beskikbaar by: https://search.ebscohost.com/login.aspx?direct=true&AuthType=sso&db=nlebk&AN=485511&site=eds-live&scope=site
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Averill, C. et al. 2019. Global imprint of mycorrhizal fungi on whole-plant nutrient economics. PNAS, 116(46). Beskikbaar by: https://www.pnas.org/doi/10.1073/pnas.1906655116#:~:text=Mycorrhizal%20fungi%20are%20critical%20members,slow%20soil%20nutrient%20cycling%20rates.
  5. 5,0 5,1 Oehl, Fritz & Silva, Gladstone & Tomio Goto, Bruno & Maia, Leonor & Sieverding, Ewald. (2011). Glomeromycota: Two new classes and a new order. Mycotaxon. 116. 365-379. 10.5248/116.365.