HMS Queen Elizabeth | |
Naam | HMS Queen Elizabeth, Februarie 2018 |
---|---|
Klas en tipe | Queen Elizabeth-klas vliegdekskip |
Bouers | Aircraft Carrier Alliance by Rosyth skeepswerf Verenigde Koninkryk |
Gebruik deur | Britse Vloot |
Koste | £3 miljard |
Datum neergelê | 7 Julie 2009 |
Te water lating | 17 Julie 2014 |
In diens gestel | 7 Desember 2017 |
Lot | In aktiewe diens |
Tuishawe | Vlootbasis Portsmouth |
Verplasing | 65 000 ton |
Lengte | 280 m |
Wydte | 39 m (waterlyn), 73 m (algeheel) |
Diepgang | 11 m |
Spoed | 32 kn (59 km/h) |
Bemanning | 679 (skip) + 250 (troepe) |
Die HMS Queen Elizabeth is 'n vliegdekskip en slegs die tweede skip wat dié naam dra in die Britse Vloot naas die HMS Queen Elizabeth-slagskip. Die HMS Queen Elizabeth is in Rosyth gebou en is op 7 Desember 2017 in diens gestel.
Dit is die grootste oorlogskip wat ooit vir die Verenigde Koninkryk se Royal Navy gebou is, en is in staat om tot veertig vliegtuie te dra. Die skip is op 4 Julie 2014 deur koningin Elizabeth II gedoop. Op 26 Junie 2017 is met seeproewe begin en die skip was teen die einde van 2017 vol-operasioneel .
Die eerste bevelvoerder is kommandeur Jerry Kyd, die voormalige kaptein van HMS Ark Royal en HMS Illustrious.
Koördinate: 56°1′30.59″N 3°26′56.64″W / 56.0251639°N 3.4490667°W