Boeddhisme |
---|
Stigter |
Siddhartha Gautama |
Volgelinge |
488–535 miljoen |
Geskiedenis |
Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe |
Belangrike begrippe |
Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede |
Strominge |
Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen |
Geskrifte |
Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra |
Karma (Sanskrit: कर्म, karma; Pali: kamma) beteken aksie, werk of daad; dit verwys ook na die spirituele beginsel van "oorsaak en effek", waar ’n mens se aksies (oorsaak) sy toekoms bepaal (effek).
Goeie bedoelings en dade dra by tot goeie karma en toekomstige geluk, terwyl slegte bedoelings en dade slegte karma en toekomstige lyding veroorsaak. Karma is nou verwant aan die idee van hergeboorte in sommige Asiatiese godsdienste. In dié skole beïnvloed karma ’n mens se huidige lewe, sowel as jou toekomstige lewens (samsara).
Die idee van karma het sy oorsprong in antieke Indië en word dus aangetref in Hindoeïsme, Boeddhisme, Djainisme, Sikhisme en Taoïsme.