Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Maleisië |
Deelstaat | Federale distrik |
Koördinate | 3°08′N 101°41′O / 3.133°N 101.683°O |
Stigting | 1859 |
Stadstatus | 1 Februarie 1972 |
Federale distrik | 1 Februarie 1974 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 243,65 vk km |
Hoogte bo seevlak | 66 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 1 768 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 891/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 7 200 000 |
Tydsone | UTC +8 (MST) |
Burgemeester (Datuk Bandar) | Mhd Amin Nordin Abdul Aziz |
Amptelike webwerf | dbkl.gov.my |
Kuala Lumpur of Koeala Loempoer (Maleis: of plaaslik: ) is die hoofstad en grootste stad van Maleisië met 'n bevolking van 1,9 miljoen mense in die stadsgebied en 7,5 miljoen in Groter Kuala Lumpur, wat ook as Klang Valley bekend staan. Klang Valley is sowel ten opsigte van sy bevolking asook sy ekonomie die vinnigste groeiende metropolitaanse gebied in die land.
As die setel van die Maleisiese parlement fungeer Kuala Lumpur as die wetgewende hoofstad van die land, terwyl die uitvoerende en regsprekende owerhede vanaf 1999 na Putrajaya verskuif is. Kuala Lumpur huisves daarnaas ook die ampswoning van die Maleisiese koning (Yang di-Pertuan Agong), die Istana Negra. Die stad is die beduidendste ekonomiese en kulturele sentrum van die land en word as 'n wêreld- of gamma-stad geklassifiseer.
Kuala Lumpur is die tuiste van die hoogste tweelinggebou in die wêreld, die Petronas-torings, wat 'n ikoon geword het vir Maleisië se futuristiese ontwikkeling.
Kuala Lumpur beteken modderige riviermond. Dit was oorspronklik 'n klein nedersetting van slegs 'n klein aantal huise by die samevloeiing van die Gombakrivier en die Klangrivier. Die stad is gevestig teen ongeveer 1857 toe die hoof van Klang, Raja Abdullah bin Raja Jaafar, met die hulp van sy broer Raja Juma'at van Lukut, fondse ingesamel het om 'n aantal Chinese mynwerkers van Lukut te huur om 'n nuwe myn te open in die area.
Kuala Lumpur het 'n tropiese reënwoudklimaat, wat warm en sonnig is, tesame met baie reën, veral gedurende die Monsoonseisoen van Oktober tot Maart.
Weergegewens vir Kuala Lumpur | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
Hoogste maksimum (°C) | 38,0 | 36,2 | 36,7 | 37,2 | 38,5 | 36,6 | 36,3 | 38,0 | 35,8 | 37,0 | 36,0 | 35,5 | 38,5 |
Gemiddelde maksimum (°C) | 32,0 | 32,8 | 33,1 | 33,1 | 33,0 | 32,8 | 32,8 | 32,3 | 32,1 | 32,0 | 31,7 | 31,5 | 32,4 |
Gemiddelde temperatuur (°C) | 27,7 | 28,2 | 28,6 | 28,7 | 28,8 | 28,6 | 28,1 | 28,1 | 28,0 | 28,0 | 27,8 | 27,6 | 28,2 |
Gemiddelde minimum (°C) | 23,4 | 23,6 | 24,0 | 24,3 | 24,6 | 24,3 | 23,8 | 23,9 | 23,8 | 24,0 | 23,8 | 23,6 | 23,9 |
Laagste minimum (°C) | 17,8 | 18,0 | 18,9 | 20,6 | 20,5 | 19,1 | 20,1 | 20,0 | 21,0 | 20,0 | 20,7 | 19,0 | 17,8 |
Sonskynure (u/d) | 5,97 | 6,87 | 6,71 | 6,63 | 6,67 | 6,48 | 6,46 | 6,10 | 5,46 | 5,46 | 5,08 | 5,25 | 6,1 |
Reëndae (d) | 17 | 17 | 19 | 20 | 18 | 14 | 16 | 16 | 19 | 21 | 24 | 22 | 223 |
Humiditeit (%) | 80 | 80 | 80 | 82 | 81 | 80 | 79 | 79 | 81 | 82 | 84 | 83 | 80,9 |
Bron: Pogodaiklimat.ru |
Kuala Lumpur was geadministreer deur 'n korporasie genoem die "Federal Capital Commissioner" vanaf 1 April 1961, totdat dit stadserkenning gekry het in 1972, waarna dit oorgegee is aan die burgemeester (Datuk Bandar).
Kuala Lumpur se elf distrikte dien as administratiewe subdivisies onder die Kuala Lumpur stadsaaloutoriteit. Twee distrikte lê aan die Weste: Segambut en Lembah Pantai; terwyl Kepong, Batu en Wangsa Maju noord lê; Setiawangsa, Titiwangsa en Cheras aan die Ooste; Seputeh en Bandar Tun Razak aan die Suide; en Bukit Bintang in sentraal-Kuala Lumpur.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kuala Lumpur. |