Die volgende is ’n lys van monarge van Groot-Brittanje en die Verenigde Koninkryk. Die Koninkryk van Groot-Brittanje is op 1 Mei 1707 gevorm nadat die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland verenig het. Op 1 Januarie 1801 het Groot-Brittanje en die Koninkryk van Ierland verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland te vorm. Nadat die grootste deel van Ierland die unie op 6 Desember 1922 verlaat het, is die naam op 12 April 1927 verander na Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.
Die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland het op 1 Mei 1707 tydens die bewind van koningin Anna verenig om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Anna 1 Mei 1707–1714 Engeland en Skotland 8 Maart 1702–1707 |
6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde |
George van Denemarke Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders |
1 Augustus 1714 Kensington op 49 |
Die Hannovers het aan die bewind gekom vanweë die Act of Settlement 1701.
Hoewel hy koningin Victoria se seun was, het Edward VII sy pa se name gekry en sy bewind was dus die begin van ’n nuwe huis.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Edward VII 22 Januarie 1901 -6 Mei 1910 |
9 November 1841 Buckingham-paleis seun van Victoria en prins Albert |
Alexandra van Denemarke Sint George-kapel in Windsor-kasteel 10 Maart 1863 6 kinders |
6 Mei 1910 Buckingham-paleis op 68 | |
George V 6 Mei 1910–1917 |
3 Junie 1865 Marlborough House seun van Edward VII en Alexandra van Denemarke |
Mary van Teck 6 Julie 1893 Sint James-paleis 6 kinders |
20 Januarie 1936 Sandringham House op 70 |
Die Huis van Sakse-Koburg en Gotha het in 1917 tydens die Eerste Wêreldoorlog sy naam na Windsor verander weens anti-Duitse gevoelens.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
George V 1917–1936 |
3 Junie 1865 Marlborough House seun van Edward VII en Alexandra van Denemarke |
Mary van Teck 6 Julie 1893 Sint James-paleis 6 kinders |
20 Januarie 1936 Sandringham House op 70 | |
Edward VIII 20 Januarie – 11 Desember 1936 |
23 Junie 1894 White Lodge seun van George V en Mary van Teck |
Wallis Warfield Simpson Château de Candé 3 Junie 1937 geen kinders |
28 Mei 1972 Bois de Boulogne op 77 | |
George VI 11 Desember 1936–6 Februarie 1952 |
14 Desember 1895 Sandringham seun van George V en Mary van Teck |
Elizabeth Bowes-Lyon Westminster-abdy 26 April 1923 2 kinders |
6 Februarie 1952 Sandringham House op 56 | |
Elizabeth II 6 Februarie 1952–8 September 2022 |
21 April 1926 Mayfair dogter van George VI en Elizabeth Bowes-Lyon |
Philip van Griekeland en Denemarke Westminster-abdy 20 November 1947 4 kinders |
8 September 2022 Balmoral-kasteel op 96 | |
Charles III 8 September 2022–tans |
14 November 1948 Londen seun van Elizabeth II en prins Philip |
Diana, Prinses van Wallis (1981–1996) 2 kinders Camilla Parker Bowles (sedert 2005) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lys van monarge van Brittanje. |