Muhammad Ali Jinnah

Muhammad Ali Jinnah
محمد علی جناح
Muhammad Ali Jinnah
Muhammad Ali Jinnah in 1945

1ste Goewerneur-Generaal van Pakistan
Ampstermyn
14 Augustus 1947 – 11 September 1948
Monarg George VI
Eerste minister Liaquat Ali Khan
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Khawaja Nazimuddin

Speaker van die Nasionale Vergadering
Ampstermyn
11 Augustus 1947 – 11 September 1948
Vise Maulvi Tamizuddin Khan
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Maulvi Tamizuddin Khan

President van die Grondwetgewende Vergadering van Pakistan
Vise Liaquat Ali Khan
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Liaquat Ali Khan

Persoonlike besonderhede
Gebore (1876-12-25)25 Desember 1876
Karatsji, Brits-Indië (nou in Pakistan)
Sterf 11 September 1948 (op 71)
Karatsji, Pakistan
Politieke party Indian National Congress (1906–20)
All-India Muslim League (1913–47)
Muslim League (1947–48)
Eggenoot/-note Emibai Jinnah (1892–93)
Maryam Jinnah (1918–29)
Kind(ers) Dina (met Maryam Jinnah)
Alma mater Inns of Court School of Law
Religie Islam
Handtekening

Muhammad Ali Jinnah (Oerdoe: محمد علی جناح ALA-LC: Muḥammad ʿAlī Jināḥ, gebore Mahomedali Jinnahbhai; 25 Desember 1876 – 11 September 1948) was 'n prokureur, politikus en die stigter van die Islamitiese Republiek van Pakistan. Na die Partisie van Indië het hy as Pakistan se eerste goewerneur-generaal gedien. In Pakistan is hy bekend as Quaid-i-Azam (Oerdoe: قائد اعظم, letterlik: "Groot Leier") en Baba-i-Qaum (Oerdoe: بابائے قوم‎, letterlik: "Vader van die nasie").

Muhammad Ali Jinnah saam met Mahatma Gandhi 1944 in Moembaai

Lewensgeskiedenis

Jinnah is op 25 Desember 1876 as Mahomedali Jinnahbhai in 'n Gujarati-sprekende familie in Karatsji gebore. Sy vader se naam was Jinnah Poonja en sy moeder se naam was Mithibai, sy familie het na Sindh van die Kathiwar-gebied van Gujarat gemigreer.

In 1891 het hy na Londen verhuis, hy het regsgeleerdheid aan Lincoln's Inn gestudeer and daar begin hy ook om in die politiek deel te neem.

In 1906 word hy 'n lid van die Indian National Congress, een van die grootste politieke organisasies van Indië wat 'n verenigde Indië ondersteun het. Maar in 1913 besluit hy om 'n lid van die All India Muslim League te word, die politieke organisasie het vir 'n aparte volkstaat vir die Indiese Moslem-bevolking geëis.

Eksterne skakels