Sadiq Khan

Sadiq Aman Khan
Sadiq Khan
Sadiq Khan in 2012

Burgemeester van Londen
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Mei 2016
Voorafgegaan deur Boris Johnson

LP vir Toothing
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Mei 2005
Voorafgegaan deur Tom Cox

Skaduminister vir Londen
Ampstermyn
16 Januarie 2013 – 11 Mei 2015
Voorafgegaan deur Tessa Jowell
Opgevolg deur Vakant

Skadu-staatssekretaris vir justisie, skadu-lordkanselier
Ampstermyn
8 Oktober 2010 – 11 Mei 2015
Voorafgegaan deur Jack Straw
Opgevolg deur Charles Falconer

Skadu-staatssekretaris vir vervoer
Ampstermyn
14 Mei 2010 – 8 Oktober 2010
Voorafgegaan deur Andrew Adonis

Staatsminister van vervoer
Ampstermyn
8 Mei 2009 – 11 Mei 2010
Eerste minister Gordon Brown
Voorafgegaan deur Andrew Adonis
Opgevolg deur Theresa Villiers

Staatsminister vir gemeenskappe
Ampstermyn
4 Oktober 2008 – 8 Junie 2009
Eerste minister Gordon Brown
Voorafgegaan deur Parmjit Dhanda
Opgevolg deur Shahid Malik

Persoonlike besonderhede
Gebore 8 Oktober 1970 (1970-10-08)
Toothing, Londen, Verenigde Koninkryk
Politieke party Arbeidersparty
Eggenoot/-note Saadiya Ahmed (sedert 1994)
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Londen, Regskollege
Professie Arbeidersparty-politikus
Religie Islam

Sadiq Aman Khan (* 8 Oktober 1970) is 'n Britse politikus en lid van die Arbeidersparty. Khan, wat die Londense Toothing-kiesafdeling sedert 2005 in die Britse Laerhuis verteenwoordig het en as deel van die gematigd linkse of sosiaal-demokratiese spektrum van die Arbeidersparty beskou word, is op 6 Mei 2016 as nuwe Londense burgemeester en opvolger van Boris Johnson (Konserwatiewe Party) vir 'n ampstermyn van vier jaar verkies.

Khan is in 'n gesin van Pakistanse immigrante uit die werkersklas gebore. Sy vader is as busbestuurder aangestel, terwyl sy moeder tuis as stikster gewerk het. Ná sy skoolloopbaan het Khan in die regte studeer en 'n graad aan die Universiteit van Noord-Londen verwerf. Hy het sy loopbaan as advokaat begin en in burgerregte gespesialiseer. So het hy ook drie jaar lank as voorsitter van die burgerregte-vereniging Liberty gedien.

As lid van die Arbeidersparty het hy aktief toegetree tot die politiek en is in 1994 as raadslid vir die administratiewe distrik London Borough of Wandsworth verkies. Hy het dié amp beklee tot en met 2006. In 2005 is hy as parlementslid vir Toothing verkies.

Onder die regering van eerste minister Gordon Brown (Arbeidersparty) is hy in 2008 as minister van gemeenskappe (Minister of State for Communities) benoem en het later minister van vervoer geword. As een van die belangrikste politieke bondgenote van die Arbeiderspartyleier Ed Miliband het Khan in dié se skadukabinet as skaduminister van justisie, skadu-lordkanselier en skaduminister vir Londen gedien.

Verwysings

Eksterne skakels