Siegen

Siegen

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate 50°52′N 8°1′O / 50.867°N 8.017°O / 50.867; 8.017
 Stigting (eerste verwysing) 1079
 Stadstatus 19 Oktober 1303
 Oppervlakte:  
 - Totaal 114,69 vk km
 Hoogte bo seevlak 267 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2012) 99 261
 - Bevolkingsdigtheid 865/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Steffen Mues (CDU)
 Amptelike Webwerf siegen.de

Siegen is 'n stad in Noordryn-Wesfale in die weste van Duitsland, met 'n bevolking van 99 261 op 31 Desember 2012 en 'n oppervlakte van 114,69 km². Die stad is noord van die driehoekpunt van Noordryn-Wesfale, Rynland-Palts en Hesse geleë.

Die eerste historiese verwysing na Siegen dateer uit die jaar 1079 en op 19 Oktober 1303 het die stad stadstatus gekry. Op 1 Januarie 1975 het Siegen verskeie gebiede ontvang en is sedertdien 'n stad met 'n bevolking van meer as 100 000 inwoners.

Sedert Julie 2012 is Siegen as universiteitstad bekend, nadat dit goedgekeur is deur die regering van Noordryn-Wesfale. Siegen is asook bekend as geboorteplek van Peter Paul Rubens (1577-1640), dus is die ander bynaam Rubensstad.

Verwysings

  1. "it.nrw.de: Zensus vom 9. Mai 2011 - Bevölkerungszahlen auf Basis des Zensus vom 9. Mai 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2013. Besoek op 14 September 2013.
  2. siegen.de: Hauptwohnsitzbevölkerung nach Stadtteilen am 30. September 2011 laut Homepage Stadt Siegen
  3. siegen.de: Amptelike webwerf van Siegen
  4. siegen.de: Siegerlandmuseum