Sosiaal-Demokratiese Party

Sosiaal-Demokratiese Party
SPD
Logo van die betrokke party.
Leier Norbert Walter-Borjans
Saskia Esken
Gestig 23 Mei 1863
Hoofkwartier Willy-Brandt-Haus D-10911 Berlyn, Duitsland
Studentevleuel Juso-Hochschulgruppen
Jeugvleuel Jusos
Ideologie Sosiale Demokrasie
Amptelike kleure Rooi

Die Sosiaal-Demokratiese Party (Duits: Sozialdemokratische Partei Deutschlands, ; SPD) is 'n sosiale-demokratiese party in Duitsland. Dit is een van die twee groot partye in Duitsland saam met die Christelik-Demokratiese Unie (CDU). Die SPD is die oudste politieke party in Duitsland. Sedert 2019 dien Saskia Esken en Norbert Walter-Borjans as die leiers van die party. Die SPD is 'n junior lid van die regerende koalisie saam met die CDU/CSU wat die eerste keer gestig is na die 2013-verkiesing en hernu is in 2017. Die SPD is 'n lid van 11 van die 16 Duitse staatsregerings en 'n toonaangewende vennoot in sewe.

Verwysings

  1. Richard A. Fuchs, Rina Goldenberg. The SPD: Germany's oldest political party (Engels). URL besoek op 28 September 2021.