Die Stabat Mater is 'n 13de-eeuse Christelike lofsang aan Maria, wat haar lyding as Jesus Christus se moeder tydens sy kruisiging uitbeeld. Die skrywer daarvan kan óf die Franciskaan Jacopone da Todi, óf Pous Innocentius III wees. Die titel is ontleen aan die eerste reël, "Stabat Mater dolorosa", wat beteken "die hartseer moeder het gestaan".
Dié gesang word as deel van die liturgie vir Maria gesing en is al deur baie Westerse komponiste getoonset.
Datum
Die Stabat Mater is voorheen dikwels aan Jacopone da Todi (ongeveer 1230–1306) toegeskryf, maar dit word nou sterk in twyfel getrek ná die ontdekking van die vroegste genoteerde afskrif van die Stabat Mater in 'n 13de-eeuse trapgesang wat aan die Dominikaanse nonne in Bologna behoort (Museo Civico Medievale).
Die Stabat Mater was teen die einde van die 14de eeu goed bekend en Georgius Stella het in 1388 oor die gebruik daarvan geskryf, terwyl ander historici later in dieselfde eeu daaroor skryf. In Provence is dit omstreeks 1399 tydens die negedagoptogte gebruik.
As 'n liturgiese sekwent is die Stabat Mater, saam met honderde ander sekwente, deur die Konsilie van Trente verbied, maar in 1727 het Pous Benedictus XIII dit weer herstel vir die Fees van die Sewe Smarte van die Heilige Maagd Maria.
Teks en vertaling
Die Latynse teks hieronder kom uit 'n 1853- Roomse brevier en is een van 'n hele aantal weergawes van die gedig. 'n Vrye vertaling van die teks word regs van die Latynse teks gegee.
1. Stabat mater dolorósa juxta Crucem lacrimósa, dum pendébat Fílius.
2. Cuius ánimam geméntem, contristátam et doléntem pertransívit gládius.
3. O quam tristis et afflícta fuit illa benedícta, mater Unigéniti!
4. Quae mœrébat et dolébat, pia Mater, dum vidébat nati pœnas ínclyti.
5. Quis est homo qui non fleret, matrem Christi si vidéret in tanto supplício?
6. Quis non posset contristári Christi Matrem contemplári doléntem cum Fílio?
7. Pro peccátis suæ gentis vidit Jésum in torméntis, et flagéllis súbditum.
8. Vidit suum dulcem Natum moriéndo desolátum, dum emísit spíritum.
9. Eja, Mater, fons amóris me sentíre vim dolóris fac, ut tecum lúgeam.
10. Fac, ut árdeat cor meum in amándo Christum Deum ut sibi compláceam.
Die meeste toonsettings gebruik die Latynse teks. Karol Szymanowski se toonsetting is in Pools, hoewel dit ook in Latyn gesing kan word. George Oldroyd se toonsetting is in Latyn met 'n Engelse vertaling vir Anglikaanse en Episkopale gebruik.
Verwysings
↑Sabatier, P. 1919. Life of St. Francis Assisi. New York: Charles Scribner Press, bl. 286.
↑The seven great hymns of the Mediaeval Church deur Charles Cooper Nott 1868 ASIN: B003KCW2LA bl. 96
↑p. 574, Alighieri, Durling, Martinez (2003) Dante, Robert M., Ronald L. Oxford The Divine Comedy of Dante Alighieri: Purgatorio Volume 2 of The Divine Comedy of Dante Alighieri Oxford University Press. "The Stabat Mater by the Franciscan Jacopone da Todi."
↑Stabat Mater, Volume 68 by Girolamo Abos, Joseph Vella Bondin 2003 ISBN 0-89579-531-0 page xviii
↑Cesarino Ruini, "Un antico versione dello Stabat Mater in un graduale delle Domenicane bolognesi," Deo è lo scrivano ch’el canto à ensegnato: Segni e simboli nella musica al tempo di Iacopone, Atti del Convegno internazionale, Collazzone, 7-8 luglio 2006, ed. Ernesto Sergio Mainoldi en Stefania Vitale, Philomusica On-line, 9, no. 3 (2010).
↑Een of meer van die voorafgaande sinne inkorporeer publikasie wat nou in die openbare domein is: Herbermann, C. (Ed.). 1913. "Stabat Mater". In Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company.
↑Heartz, D. 1995. Haydn, Mozart and the Viennese School: 1740-1780. New York: W.W. Norton & Co, bl. 305. ISBN 0-393-03712-6. Geraadpleeg op 3 April 2011.