Surya of Soerja (Sanskrit: सूर्य, Sūrya) is ’n Sanskrit-woord wat "son" beteken. Sinonieme in antieke Indieseletterkunde sluit in Aditya, Arka, Bhanu, Savitr, Pushan, Ravi, Martanda, Mitra, Bhaskara, Prabhakara en Vivasvan.
As godin
Surya is ook die naam van die songodin in Hindoeïsme, veral in die Saura-tradisie van sommige Indiese deelstate. Surya is een van die belangrikste gode in Hindoeïsme en word in Smartisme beskou as ’n ekwivalente aspekte van Brahman en die middel om dit te bereik. Die godin word dikwels uitgebeeld op ’n strydwa wat deur perde getrek word – gewoonlik sewe, wat die sewe kleure van sigbare lig en sewe dae van die week verteenwoordig.
In Middeleeuse Hindoeïsme was Surya ook ’n alternatiewe naam vir ander belangrike gode soos Shiva, Brahma en Vishnu. Surya as ’n godin word aangetref in die kuns en letterkunde van Boeddhisme en Djainisme.
Surya word uitgebeeld met ’n chakra, wat vertolk word as ’n dharmawiel. Sy is die godin van Simha (Leeu), een van die 12 sterrebeelde in die diereriemstelsel van Hindoe-astrologie. Surya, of Ravi, is die basis van Ravivara, of Sondag in die Hindoekalender. Verskeie groot feeste word ter ere van haar gehou, onder meer die Kumbh Mela.
Surya het dalk langer as ’n primêre godin in Hindoeïsme oorleef as enige van die ander oorspronklike Vediese gode buiten Vishnu en Shiva, maar haar aanbidding het omstreeks die 13de eeu aansienlik afgeneem, dalk weens die Moslemse verowering van Noord-Indië. Feitlik geen nuwe tempels vir haar is gebou nie en sommige is later omskep in tempels vir ander gode, veral Shiva. ’n Paar belangrike Surya-tempels is oor, maar hulle word nie meer vir aanbidding gebruik nie. Sy het in ’n sekere opsig versmelt met Vishnu of Shiva, of word beskou as aanvullend tot hulle.
Verwysings
↑ 1,01,1Jansen, Eva Rudy. The Book of Hindu Imagery: Gods, Manifestations and Their Meaning, p. 65.
↑Shimkhada, Deepak (1984). "The Masquerading Sun: A Unique Syncretic Image in Nepal". Artibus Asiae. 45 (2/3): 223–229. doi:10.2307/3249732. JSTOR3249732.
↑T. Richard Blurton (1993). Hindu Art. Harvard University Press. p. 118. ISBN978-0-674-39189-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op 26 September 2016.
↑Pathak, Ratnesh K., Humes, Cynthia Ann, "Lolark Kund: Sun and Shiva Worship in the City of Light", in Living Banaras: Hindu Religion in Cultural Context, Eds. Bradley R. Hertel, Cynthia Ann Humes, pp. 206-211, 1993, SUNY Press, ISBN 0791413314, 9780791413319, google booksGeargiveer 11 Oktober 2020 op Wayback Machine
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.