1: Die tuisfront van die Verenigde Koninkryk word geopen na die regering die algemene mobilisering van die Britse Leër aankondig. Ontruimingstrategieë word beplan ter voorbereiding vir moontlike Duitse lugaanvalle.
3: Frankryk, Brittanje, Oostenryk en Nieu-Seeland verklaar oorlog teen Duitsland, na Duitsland se weiering om uit Pole te onttrek.
4: Die Britse Lugmag (RAF) se bomkommandement loods 'n aanval op die Duitse kruiser, Admiral Scheer, in die suidelike deel van die Duitse Bog. Hulle verloor ses van die 24 aanvalsvliegtuie en, alhoewel die Duitse skip drie keer getref word, slaag geen van die bomme daarin om te ontplof nie.
7: Franse troepe val Duitsland binne naby Saarbrücken.
25: Duitse tuisfrontstrategieë begin met die rantsoenering van voedsel.
27-28: Uitgebreide bombardering van Warskou.
28: Die Poolse hoofstad, Warskou, gee oor aan Duitsland.
Oktober
5: Die Sowjetunie begin onderhandelinge met Finland om die grens tussen die twee lande te verander.
6: Poolse versetting in die Poolse September-veldtog kom tot 'n einde. Finland begin met die mobilisering van die nasionale leër. Adolf Hitler lewer 'n toespraak voor die Reichstag en verklaar sy begeerte vir 'n byeenkoms met Brittanje en Frankryk om vrede te herstel.
17: Die Duitse slagskip, Admiral Graf Spee word in die hawe van Montevideo gekelder.
18: Die eerste Kanadese troepe arriveer in Europa.
27: Die eerste Indiese troepe arriveer in Frankryk.
28: Vleisrantsoeneringsprogramme begin in Brittanje.
1940
Februarie
1: Japan kondig 'n rekord-hoë begroting aan, met meer as die helfte van die uitgawes van militêre aard.
5: Brittanje en Frankryk besluit om Noorweë se ysterertshandel af te sny ter voorbereiding van 'n verwagte Duitse besetting, en sodoende ook 'n roete na Finland te verseker, om dié land bystand te verleen. Die operasie word beplan vir 20 Maart1940.
14: Die Britse regering roep vrywilligers op om in Finland te veg.
15: Die Sowjet Unie se leër neem Summa, in Finland, in en breek sodoende deur die Finse verdediging: die Mannerheim-linie.
16: Die Britse torpedojaer, HMS Cossack, verwyder 299 Britse krygsgevanges met geweld van die Duitse tenkskip, Altmark, terwyl dit in neutrale Noorweegse waters is.
3: Winston Churchill word as die voorsitter van die Ministerial Defense Committee aangewys, na die bedanking van Lord Chatfield.
4: Hitler gee toestemming vir die inval van Noorweë en Denemarke.
8: Operasie Wilfred word geloods, waartydens Geallieerde magte seemyne in die waters van Noorweë plaas om te voorkom dat Duitse konvooiskepe gesogte, hoë-kwaliteit ystererts uit Swede na Duitsland vervoer.
9: Duitsland val Denemarke en Noorweë binne: Denemarke gee oor.
10: Begin van die Slag van Narvik: Britse torpedojaers en vliegtuie loods 'n suksesvolle verrassingsaanval teen die groter Duitse vlootmag. 'n Tweede aanval op 13 April is ook 'n Britse sukses.
13: Parys word deur Duitse troepe beset en die Franse regering skuif weereens: dié keer na Bordeaux.
16: Philippe Pétain word die eerste minister van Frankryk, na die bedanking van die Reynaud-regering.
Die vertaling van die res van hierdie artikel is steeds onvoltooid. Voel vry om self die res aan te pak, en verwyder dan hierdie kennisgewing wanneer die werk voltooi is.