Die Visegrád-groep, Visegrád Vier, of V4 is 'n informele alliansie van vier Sentraal-Europese lidstate van die Europese Unie,
naamlik die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Pole en Slowakye. Die doelwit is om samewerking tussen die vier state op gebiede soos verdediging, kultuur, ekonomie en energievoorsiening asook hul integrasie in die EU te bevorder.
Demografie
Die Visegrád-groep het 'n gesamentlike bevolking van 64 301 710, wat indien dit 'n land was, die 22ste grootse ter wêreld en die 4de grootste in Europa (vergelykbaar met Frankryk, Italië, of die VK) sou wees. Die meeste inwoners woon in Pole (38 miljoen), gevolg deur die Tsjeggiese Republiek (bykans 11 miljoen), Hongarye (bykans 10 miljoen), en Slowakye (5.5 miljoen).
Hoofstede
Boedapest (Hongarye): 1 759 407 inwoners (metro: 3 303 786)
Warskou (Pole): 1 753 977 inwoners (metro: 3 105 883)