1671 – Thomas Blood, vermom as ’n klerk, poog om die Kroonjuwele van die Londense Tower te steel. Hy word onmiddellik gevang aangesien hy te dronk is om te hardloop met die buit. Hy word later tot dood veroordeel en daarna weer kwytgestel en verban deur Koning Charles II.
1926 – Die Amerikaners Richard E. Byrd en Floyd Bennett sê dat hulle oor die Noordpool gevlieg het (later word sy dagboek gevind wat bewys dat dit nie gebeur het nie).
1950 – Robert Schuman (die Franse minister van buitelandse sake) se voorlegging van sy voorstel vir die skepping van ’n georganiseerde Europa. Hierdie voorstel, bekend as die “Schuman-verklaring”, word beskou as die begin van die skepping van die Europese Unie.
1960 – Die Amerikaanse Voedsel- en Medisynebeheerraad (FDA - Food and Drug Administration) keur die verkoop van die geboortebeperkingspil goed.
1962 – Die Beatles teken hul eerste platekontrak met EMI Parlophone.
1976 – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim.
1978 – Die lyk van die Italiaanse politikus Aldo Moro word in 'n geparkeerde motor gevind. Hy is 55 dae vantevore deur die Brigate Rosse (Rooi Brigades) ontvoer.