Carcharodontosauridae | |
---|---|
’n Afdruk van die skedel van Carcharodontosaurus saharicus, Santa Barbara. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Carcharodontosauridae (Stromer, 1931)
|
Subgroepe | |
|
Carcharodontosauridae | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||
|
Carcharodontosauridae (van die Grieks vir "haaitand-akkedisse") was ’n groep vleisvretende teropode-dinosourusse. Dit sluit van die grootste landroofdiere in wat nog geleef het: Giganotosaurus, Mapusaurus, Carcharodontosaurus en Tyrannotitan was almal net so groot of groter as Tyrannosaurus.
Saam met die Spinosauridae was die karcharodontosourides in die Vroeë en Middel-Kryt die grootste roofdiere van Gondwana, met spesies wat ook in Noord-Amerika en Asië voorgekom het. Hul ouderdomme wissel van die Barremium- (127-121 miljoen jaar gelede) tot die Turonium-tydsnede (93-89 miljoen jaar gelede). Ná die Turonium is hulle moontlik vervang deur die kleiner abelisourides in Gondwana en deur die tirannosourides in Noord-Amerika en Asië. Dit lyk of die vervanging van dié diere, asook spinosourides en ander soorte, wêreldwyd plaasgevind het. ’n Paar tande uit die laat Maastricht en ander stukke uit die Campanium-Maastricht-grens in Brasilië lyk egter of dit aan karcharodontosourides behoort, wat aandui dat hulle minstens tot aan die einde van die Kryt oorleef het.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)