Algemeen | |
---|---|
Naam | chloroform |
IUSTC-naam | Trichlorometaan |
Chemiese formule | CHCl3 |
Molêre massa | 119,38 g/mol |
CAS-nommer | 67-66-3 |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Dipoolmoment | 1,040 D |
Reukdrempel | 85 dpm |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -63,5 °C |
Kookpunt | 61 °C |
Digtheid | 1,484 (rel. water) |
Oplosbaarheid | effens in koue water |
Kritieke temperatuur | 263.33 °C |
Henry se konstante | 26,3(7) x 10-2 3400 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 36 mg/kg (akuut, oraal, rot); 20 000 mg/kg (op die vel; konyn) |
LC50 | 47702 mg/m3 (rot; 4 uur) in water 43,8 mg/L (96 uur forel) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Chloroform is 'n organiese verbinding met chemiese formule CHCl3. Dit is die drievoudige chloried van metaan.
Chloroform is in 1831 deur drie navorsers onafhanklik van mekaar ontdek:
Die eerste aanwending was in die analgesie. Die Fransman Marie Jean Pierre Flourens het in 1847 hierdie aanwending op diere gemeld, maar die Skot James Young Simpson (1811–1870) het dit reeds in 1846 op mense geprobeer. In 1853 het selfs koningin Victoria by die geboorte van een van haar kinders chloroform gebruik en dit het hierdie aanwending populêr gemaak. Later het die kritiek gekom. Chloroform kan 'n onreëlmatige hartslag, lewerskade en nierskade veroorsaak en dit word teenswoordig altans in hierdie aanwending nie meer gebruik nie. Vandag word chloroform veral as oplosmiddel gebruik.
Daar is verskeie metodes om chloroform te vervaardig. In die nywerheid word dit veral gedoen deur metaan en chloor saam te verhit. Metaan word stapsgewys gechlorineer deur 'n radikaal-meganisme:
Reaksie | Produk |
---|---|
monochloormetaan | |
dichloormetaan | |
trichloormetaan – chloroform | |
tetrachloormetaan |
Die eindproduk is 'n mengsel van chlorometane en byprodukte wat deur distillasie geskei moet word.
Lug wat met grond in kontak is, bevat dikwels hoër konsentrasies chloroform as normaal. Daar is navorsing wat uitwys dat bepaalde swamme soos die Basidiomycetes-spesies Mycena metata en Peniophora pseudopini en die Deuteromycetes-spesie Cardariomyces fumago chloroform kan vervaardig.
Sien chloroform in Wiktionary, die vrye woordeboek. |