Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied, kort GMG (Engels: Common Monetary Area, CMA), is 'n monetêre unie tussen die Suider-Afrikaanse lande Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Eswatini. In hierdie vier lande is die Suid-Afrikaanse rand 'n wettige betaalmiddel, hoewel Lesotho (Loti), Namibië (Dollar) en Eswatini (Lilangeni) ook hul eie betaalmiddels gebruik. Hulle word egter gelykgestel aan die rand met een-tot-een-wisselkoerse, en daar is geen onmiddellike vooruitsig vir verandering nie. Buitelandse valuta-regulasies en monetêre beleid regdeur die GMG word basies deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank besluit, met baie beperkte grade van vryheid vir die kleiner lidlande. Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied se amptelike taal is Engels.
Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied het in Julie 1986 in werking getree en het sy oorsprong in die Rand Monetêre Gebied (RMG), wat in Desember 1974 deur Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini gestig is. Die RMG is in Februarie 1992 deur die hedendaagse GMG vervang nadat Namibië amptelik aangesluit het.
Land | Oppervlakte
(km²) |
Bevolking |
---|---|---|
Eswatini | 17 363 | 844 223 |
Lesotho | 30 355 | 1 741 406 |
Namibië | 824 268 | 2 104 900 |
Suid-Afrika | 1 221 037 | 56 000 000 |