Tsai Ing-wen 蔡英文 | |
Tsai Ing-wen in 2016 | |
President van Republiek China
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Mei 2016 | |
Eerste minister | Chen Chien-jen |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ma Ying-jeou |
Leier van die Demokraties-Progressiewe Party
| |
Ampstermyn 28 Mei 2014 – 24 November 2018 | |
Voorafgegaan deur | Su Tseng-chang |
Opgevolg deur | Lin Yu-chang (wnd.) |
Ampstermyn 20 Mei 2008 – 14 Januarie 2012 | |
Voorafgegaan deur | Frank Hsieh (wnd.) |
Opgevolg deur | Kiku Chen (wnd.) |
Adjunkpremier van Republiek China
| |
Ampstermyn 25 Januarie 2006 – 21 Mei 2007 | |
Eerste minister | Su Tseng-chang |
Voorafgegaan deur | Wu Rong-i |
Opgevolg deur | Chiou I-jen |
Minister van die Vastelandse Sakeraad
| |
Ampstermyn 20 Mei 2000 – 20 Mei 2004 | |
Vise | Chen Ming-tong |
President | Chen Shui-bian |
Eerste minister | Tang Fei Chang Chun-hsiung Yu Shyi-kun |
Voorafgegaan deur | Su Chi |
Opgevolg deur | Joseph Wu |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 31 Augustus 1956 Taipei, Republiek China |
Politieke party | Demokraties-Progressiewe Party (sedert 2004) Onafhanklik (tot 2004) |
Alma mater | Nasionale Universiteit van Taiwan Cornell-universiteit Londense Skool vir Ekonomie |
Handtekening |
Tsai Ing-wen (Chinees: 蔡英文; pinyin: Cài Yīngwén; gebore 31 Augustus 1956 in Taipei, Republiek China) is 'n Taiwannese politikus en akademikus en beklee sedert 20 Mei 2016 die amp as president van die Republiek China. Sy is die eerste vrou wat tot die amp verkies is, die sewende president van die Republiek China onder die grondwet van 1947, en die tweede president van die Demokratiese Progressiewe Party (DPP), deel van die regerende Pangroenkoalisie.
Tsai is op 31 Augustus 1956 in die Mackay-gedenkhospitaal in die Zhongshan-distrik van Taipei-stad gebore. Sy is die jongste van elf kinders. Haar vader Tsai Chieh-sheng (1918–2006), was 'n sakeman wat 'n motorherstelwinkel bestuur het, terwyl haar moeder Chang Chin-fong (1925–2018) 'n huisvrou was.
Haar voornaam, Ing-wen (英文), is volgens genealogiese naampraktyke bepaal. Terwyl dit die spelling 瀛文 voorgestel het, het haar vader gevoel dat die karakter 瀛 te veel lyne gehad het en hy het daarom besluit om dit met die karakter 英 te vervang. Sy het by die Taipei Munisipale Hoër Meisieskool Zhongshan skoolgegaan. Sy het weens haar vader se opdrag regte gaan studeer. Sy het in 1978 van die Kollege van Regsgeleerdheid van die Nasionale Universiteit van Taiwan gegradueer. In 1980 het sy haar meestersgraad in die regte van Cornell Universiteit ontvang. Daarna het sy regte aan die London School of Economics studeer en haar doktorsgraad in die regte in 1984 van die Universiteit van Londen ontvang. Met haar terugkeer na Taiwan, het sy regte aan die Skool vir Regte van Soochow Universiteit en die Nasionale Chengchi Universiteit, albei in Taipei, gedoseer.
In die 1990's is Tsai ook tot die Billike Handelskommissie en die Kopieregkommissie aangestel. Sy was 'n konsultant vir die Raad vir Vastelandsake en die Nasionale Veiligheidsraad. Sy het ook die opstelspan gelei oor die Statuut vir Betrekkinge met Hong Kong en Macau (Chinees: 港澳關係條例).
Tsai het in 2000 voorsitter van die Vastelandsakeraad geword. Sy het daarna in 2004 by die Demokratiese Progressiewe Party aangesluit. As lid van die DPP, is sy in daardie jaar se verkiesing tot die Wetgewende Yuan verkies. Op 25 Januarie 2006 is Tsai as vise-president van die Uitvoerende Yuan aangewys wat haar die vise-premier van Taiwan gemaak het. Sy het terselfdetyd as die voorsitter van die Verbruikersbeskermingskommissie gedien.
Na haar bedanking as vise-premier in Mei 2007 het Tsai as voorsitter van TaiMedBiologics, 'n biotegnologiemaatskappy wat in Taiwan gebaseer is, gedien.
Tsai is op 19 Mei 2008 tot die leierskap van die Demokratiese Progressiewe Party verkies en het gevolglik die heel eerste vrou geword om 'n Taiwanese politieke party te lei. Tsai het in 2012 as DPP-voorsitter bedank nadat sy daardie jaar se presidentsverkiesing teen Ma Ying-jeou verloor het. Sy is weer in 2014 tot die leierskap van die DPP verkies voordat sy van die amp in 2018 bedank het. Tsai was toe weer vanaf 2020 tot 2022 leier van die DPP.
Tsai het die presidentsverkiesing van 2016 gewen en is op 20 Mei 2016 as die eerste vroulike president van die Republiek China ingehuldig. Sy is in 2020 vir 'n tweede termyn herverkies.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |