Ingoesjeties

Ingoesjeties
ГӀалгӀай мотт
Ğalğaj mott 
Uitspraak:
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Kasakstan Kasakstan 
Gebied: Ingoesjetië en Tsjetsjnië
Totale sprekers: 322 900
Taalfamilie: Noordoos-Kaukasies
 Nakh
  Vainakh
   Ingoesjeties 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: inh
ISO 639-3: inh

Ingoesjeties (ГӀалгӀай мотт Ğalğaj mott, ) is ’n Noordoos-Kaukasiese taal wat deur sowat 322 900 mense gepraat word in ’n streek wat Ingoesjetië, Tsjetsjnië, die res van Rusland en Kasakstan beslaan. Die plaaslike naam van die taal is ГІалгІай мотт (Ğalğaj mott) en dit is saam met Russies die amptelike taal van Ingoesjetië.

Dialekte

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Ingoesjeties het nie dialekte nie buiten Galantsjozj, wat beskou word as ’n oorgang tussen Ingoesjeties en Tsjetsjnies.

Skryfstelsel

Ingoesjeties het aan die begin van die 20ste eeu ’n skryftaal geword. Die Arabiese alfabet is aanvanklik daarvoor gebruik. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 is eers ’n Latynse alfabet en later ’n Cyrilliese alfabet gebruik.

А а Аь аь Б б В в Г г ГI гI Д д Е е
Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Кх кх Къ къ
КI кI Л л М м Н н О о П п ПI пI Р р
С с Т т ТI тI У у Ф ф Х х Хь хь ХI хI
Ц ц ЦI цI Ч ч ЧI чI Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы
Ь ь Э э Ю ю Я я Яь яь I

Verwysings

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ingush". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 22 Augustus 2020.

Eksterne skakels