Krim-Tataars

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Krim-Tatare.
Krim-Tataars
Qırımtatarca, Qırımtatar tili
Къырымтатарджа, Къырымтатар тили
Ҡырымтатарҗа, Ҡырымтатар тили 
Uitspraak:
Gepraat in: Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Kirgisië Kirgisië
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 
Gebied: Krim
Totale sprekers: 573 540
Taalfamilie: Altaïes
 Turkies
  Kiptsjak
   Kiptsjak-Koeman-Oghoer
    Krim-Tataars 
Skrifstelsel: Cyrilliese en Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Krim
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: crh
ISO 639-3: crh 
Verspreiding van Krim-Tataars

Krim-Tataars of Krim-Turks (Къырымтатарджа Qırımtatarca, Къырымтатар тили Qırımtatar tili, ) is 'n Turkiese taal wat deur die Krim-Tatare op die Krim-skiereiland gepraat word. Sedert die 20ste eeu, na grootskaalse emigrasie van die Krim-Tatare, word die taal ook in Roemenië, Bulgarye en Turkye gepraat. Daar is ook klein gemeenskappe in die Verenigde State en Kanada.

"Welkom in die Krim" op 'n bus in Simferopol.

Die taal word deur 573 540 mense as moedertaal gebruik. Dit bestaan uit drie dialekte: dialek van die Noğays, dialek van Yalıboylus en die dialek van die Tats.

Krim-Tataars moet nie met Tartaars, wat in Rusland gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie. Krim-Tataars is op groot skaal deur nabygeleë Oghoer-Turkiese tale soos Turks, Turkmeens en Azerbeidjans beïnvloed.

Krim-Tataars

Skryfstelsels

Beide die Cyrilliese- en Latynse alfabet kan vir die skryf van Krim-Tataars gebruik word.

Latynse alfabet

Beide  en â word as dieselfde letter beskou.

a b c ç d e f g ğ h ı i j k l m n ñ o ö p q r s ş t u ü v y z
, ,

Cyrilliese alfabet

а б в г гъ д е ё ж з и й к къ л м н нъ o п p c т у ф x ц ч дж ш щ ъ ы ь э ю я
, , ,,, , , , , [dʒ ,,, ,

гъ, къ, нъ en дж is aparte letters.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Crimean Tatar" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 5 November 2017.

Eksterne skakels