Tiwaans

Tiwaans
тыва дыл
tiwa dil
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Tiwa
Totale sprekers: 283 400
Taalfamilie: Turkies
 Siberies-Turkies
  Suid-Siberies
   Sayan-Turkies
    Tiwaans 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: tyv
ISO 639-3: tyv

Tiwaans of Toewaans (Tiwaans: тыва дыл, tiwa dil) is ’n Turkiese taal wat in die Republiek van Tiwa in Suidsentraal-Siberië gepraat word. Die taal het baie woorde uit Mongools en meer onlangs uit Russies geleen. Daar is ook Tiwaanssprekense minderhede in Mongolië en China.

Daar is hoofsaaklik vier dialekte in Tiwa self: Wes-, Sentraal-, Noordoos- en Suidoos-Tiwaans.

Grammatika

In Tiwaans word agtervoegsels gebruik om nuwe betekenisse aan woorde te gee. "Kameel" is byvoorbeeld tewe, "kamele" is tewe-ler, "my kamele" is tewe-ler-im en "van my kamele" is tewe-ler-im-den. Daar is ses naamvalle, en elke naamval-uitgang het ’n groot verskeidenheid gebruike en betekenisse, waarvan net ’n paar hier aangegee word.

Tewe Nominatief "kameel" (geen agtervoegsel)
Tewe + /-NIŋ/ Genitief "van die kameel" (die fonetiese simbool word 'ng' uitgespreek soos in 'sing')
Tewe + /-NI/ Akkusatief "die kameel" (bepaalde lidwoord, direkte voorwerp, soos in "Ek sien DIE kameel")
Tewe + /-KA/ Datief "vir die kameel" (in die verlede tyd)
Tewe + /-DAn/ Ablatief "van die kameel" of "as ’n/die kameel" (soos in "groter as ’n/die kameel")
Tewe + /-DA/ Lokatief "by die kameel" of "in die kameel" (dui soms ook besitting aan)

Skryfstelsels

Tiwaans is aanvanklik in die Mongoolse skrif geskryf. In 1930 is ’n Latynse alfabet ontwerp en dié is in 1943 deur ’n Cyrilliese alfabet vervang wat vandag nog gebruik word.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tuva" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 20 Oktober 2015.
  2. Cf. Otgonbayar Chuluunbaatar: Einführung in die mongolischen Schriften. Buske Verlag, Hamburg 2008, ISBN 978-3-87548-500-4, bl. 70.
  • Anderson, Gregory D.S. (2004). Auxiliary Verb Constructions in Altai-Sayan Turkic. Wiesbaden: Otto Harrassowitz. ISBN 3-447-04636-8
  • Anderson, Gregory D.S.; Harrison, K. David (1999). Tyvan. Languages of the World/Materials 257. Lincom Europa. ISBN 3-89586-529-X.

Eksterne skakels